Dit was bietjie kersfees vir Chucky die week. Eers het ons sy tyres laat vervang, toe is hy gediens by Toyota, en Vrydag is hy na Ironman 4×4 South toe vir ‘n bullbar, spots en snorkel.
Vriendelikste mense ooit, en baie professionele diens. Arnold en Johan is die eienaars, en terence het die installasie gedoen. Jacques, Johan se seun was ook baie hulpvaardig en gereed met advies. Ek kan die ouens enige tyd aanbeveel.
Hier is fotos van Chucky voor die upgrades:
Ek was die hele dag daar…toe vat ek sommer my laptop saam en werk daar, hierdie was my kantoor vir die dag
Binne in Chucky het ek ook van Lumeno se USB’s ge installeer. Nou kan ek net inplug en charge.
En die eindproduk