Een van die eerste dinge wat ons aan Chucky gedoen het was om ‘n roofrack op te sit. Frontrunner. En omdat ons sulke goeie handyman’s is het Timothy en ek besluit om dit sommer self te doen, ek meen, hoe moeilik kan dit nou wees?
So, ‘n joppie wat gewoonlik so twee ure se werk is het ons so 3 aande gevat. Maar hy is op. Al wat ek nog wil kry is die bracket waarmee jy ‘n tafel onder aan die roofrack kan laat hang. Dan het jy altyd ‘n tafel byderhand as jy gaan piekniek hou of vinnig langs die pad stop om iets te eet.
So hier is dit.
Lekker om goed op te pak as jy op vakansie gaan
en ‘n lekker plek om van af te shoot as jy op ‘n troue op ‘n game farm is