Ons begin toe die dag met ‘n lekker boerewors en tamatie en uie sous op brood wat Surika gemaak het. Mens moet jou mos altyd dood eet en drink by ‘n kamp. Ek dink mens kan die helfte minder kos vat en jy gaan nog steeds te veel vat.

DSCF9672

Daarna was dit eers Brits toe, ons moes geld trek, medisyne vir Jess se seer ogies koop, en ‘n duibril vir Xander kry. Miya het ook online skates gesoek.

Terug by die kamp was ons dadelik weer swembad toe, die kinders wou weer super tube ry. (Kry hulle nooit genoeg nie?) Jenna en Xander het so ‘n bietjie swinball gespeel terwyl Surika kos maak. Die vorige dag het Rudi en Jenny kos verskaf en gemaak…en nou was dit ons beurt.

DSCF9673

En hier is die twee girls, nog nie een sekonde baklei nie, hulle kuier net lekker saam.

 

 

DSCF9674

Daar is ‘n groot dam naby aan die swembad, maar hierdie eendtjie het besluit hy gaan eerder saam die mense in die swembad swem.

 

DSCF9677

Rina (sy se saam die baas van die plek) het ons verduidelik toe ons inboek dat ons moet na die Tuin van Eden gaan) En nou is ons hier. Ek moet erken, na ‘n hele dag van kuier, drink en eet was ek nou nie juis lus vir ‘n wandeling nie. Maar, ek was nie een oomblik spyt nie. Hierdie is regtig een van die mooiste mooi wat ek nog ooit gesien het by ‘n kampterrein, hierdie mense moes verskriklik baie ure spandeer het om die Tuin van Eden te skep.

Ons was op die uitkyk vir Adam en Eva, en toe kom daar ‘n man aangestap met so ‘n lang baard…Noag dalk?

DSCF9680

Jenna vat ‘n hap van…die appel in die paradys?  Neeeee….moenieeeee!

 

DSCF9683

Die twee maatjies, hulle was baie skaam om by die beeldtjie afgeneem te word.

 

DSCF9686 DSCF9692 DSCF9697 DSCF9698 DSCF9702 DSCF9706 DSCF9717 DSCF9721 DSCF9725

Ek en my baby in die swembad.

DCIM103GOPRO

Miya re charge so ‘n bietjie. Netnou is dit weer flatout op die super tube.

 

DCIM103GOPRO

Kyk hoe cheesed off lyk Rudi, hy het so pas uitgevind sy elektriese yskassie werk nie meer nie.

DCIM103GOPRO

Ek wil al so lankal al op ‘n kano gaan roei het, en het nou die geleentheid gekry. Daar is net iets besonders daaraan om so deur die water te roei, die stilte om jou met die enigste geluid die spane wat plas in die water. En om net jou hand so uit te steek en die water langs jou te voel. Salig!

DCIM103GOPRO

DCIM103GOPRO

DCIM103GOPRO

Die aand was net een lekker lang kuier en gesels, oor alles en nog wat.