Ons laaste daggie by Klein Paradys het aangebreek, so baie wat ons nog wil doen, maar die tyd is verby. Jenna het eers vir ons ‘n breakfast aanmekaar geslaan van alles wat oor was, en toe het ons begin oppak. Alles op sy plek. Ek wil nie sukkel en vir goed soek as ons weer gaan kamp nie.

Daarna het ons by die hoof swembad gaan swem, die kinders kry mos nie genoeg van swem nie. Ek moet sê. Hierdie is die mooiste rockwerk wat ek nog ooit gesien het. Jenny het die vorige dag vir lal drie kinders pool noodles gekoop, en nou is hulle sommer oral oor in die water, dink hulle is unsinkable!

Miya het my nogal surprise, sy het sommer by die hoë rots waar die outjie op staan afgespring, uit haar eie uit. Nogal dapper want dit is baie hoog vir ‘n 6 jarige. sy het dudielik nie haar pa se hoogtevrees ge erf nie.

DSCF9728

Hier staan Miya by die super tube, sy is ook ‘n paar keer hier af. Maar ook net as Rudi haar onder vang.

DSCF9733

Hierna wou ek vir Surika Koos se Klim gaan wys by Moegatle, dis so 24 km van Klein Paradys af volgens Tracks 4 Africa. Ek het gehoop daar gaan iemand wees wat daar opry. Daar was toe twee groepe, een met ‘n Cruiser, en een met ‘n Fortuner. Die ou met die Cruiser het gery totdat sy wiele aan die klip raak, maar toe was daardie 43 grade te intimiderend vir hom en het hy nie verder gery nie.

Ons het sommer net daar ‘n tafel en stoele uitgehaal, ons gasstofie aangesit en ‘n chcicken flattie langs die pad in die pan gebraai. Te heerlik. Ons het net soos die Voetspore span gevoel om daar langs die pad kos te maak. Ek het dadelik besef my treiler kort definitief ‘n waterkan met ‘n kraan aan. Ons het nerens gehad om ons hande te vas of die pad en border uit te spoel nie.

Ons het ook besluit dat die National Luna agter in die treiler moet inkom. As Skillie gehaak is kry jy nie daardie groot yskas uit Chucky uit nie. So, ‘n slider by die kant se deur is sy voorland. Ons moet ook onthou om ‘n paar plastiek vuilgoed sakke saam te ry.

Ons het gou ‘n gehoor van so 6 outjies van die plaaslike dorpie gehad wat daar kom rondstaan het, hulle sien seker nie elke dag iemand wat daar langs die pad kos maak nie. Ons het hulle maar ‘n lekker koue 2l Fanta Orange in die hand gestop…en toe is hulle daar weg. Maar nie voordat hulle ‘n klein baba skilpadtjie aan ons probeer verkoop het vir R60.00 nie. Ons het geweier, mens wil hulle nou nie aanmoedig om diere uit die bos uit te haal nie

DSCF9735 IMG_7674 IMG_7678

 

Lekker naweek gewees.

Klein Paradys kry ‘n 9 uit 10 van my af. Al waarvoor ek ‘n punt aftrek is vir al die vlieë, dis darem nie lekker om kos te maak met 100 de vlieë rondom jou nie.

Koste van die kamp: R580.00 per aand, krag ook daarby ingesluit. R1770.00 vir die drie aande.

Ek moet darem se, die feit dat al die super tube ritte, kano vaart op die dam en Putt putt gratis is maak dit regtig die moeite werd.

Klein Paradys

Tel: 012 252 1938
Tel: 012 252 4625

bookings@kleinparadys.com
Gps: S25°30.474′ E27°44.023′

Ek het nou wel nie vandag Koos se Klim uitgery nie, maar hier is ‘n foto van daardei beroemde 43grade helling, en ‘n foto waar ek in 2007 met My 4l Ranger hom uitgery, en afgery het. Dit was ‘n adrenaline belewenis hoor.

IMG_6960 IMG_6929

 

Naweek verby, en hier is ons drie se laaste foto saam voorday ons die teer slaan.

DSCF9736