Ons Storie

JC en Surika Crafford
Pretoria, Suid-Afrika

IMG_0352Hierdie foto is geneem op ons Bhanganek vakansie

Deesdae gebeur die volgende mos. Die lewe hardloop net by ons verby, en ons probeer ons bes om by te bly, wat ons gewoonlik nie regkry nie.

Ons het nie meer fotoalbums soos in die OUDS-TYD (soos my dogtertjie Miya sĂȘ nie) Niemand druk mos meer fotos nie. Ons fotos leef deesdae op ons fone en ons rekenaars. Totdat die rekenaar se hardeskyf “crash” en ons foon gesteel word (soos inderdaad anderdag met ons gebeur het, sommer my en Surika se fone op een dag) en dan het ons niks meer oor nie.

Ons is professionale fotograwe en videograwe, so ons is gewoonlik so besig om ander mense se troues en “photo shoots” te “edit” dat ons nooit by ons eie uitkom nie.

Hierdie foto is geneem op ons laaste aand van ons Richtersveld vakansie…op ‘n geheime plek.

Ek het besluit ek wil dit verander. Ek wil al ons herinneringe op hierdie blog sit. Al ons mooi fotos en videos kan hier gestoor word. Ons gaan nou geforseer word om daardie vakansie fotos te ‘edit” en om ietsie te gaan skryf oor die vakansie. Al wat mens aan die einde van die dag oor het is herinneringe. Na ‘n lang wik en weeg het ons op die naam Vreklekker besluit. Al ons vakansies is baie lekker, en ons lewens saam is baie lekker. So
.vreklekker gaan dit wees.

Ons hou daarvan om te reis en nuwe plekke te ontdek en te verken. Gewoonlik is twee dae by ‘n plek genoeg, dan wil ons iets anders ontdek. Hierdie plekke moet verkieslik plekke in die natuur wees waar nie baie mense na toe gaan nie.

Foto geneem op ons 2 de trippie Botswana toe in 2019. Op die Makgadigadi panne.

My vrou se naam is Surika, en ons het ‘n dogtertjie Miya wat nog op laerskool is, sy is nou 10 (2019) Ek het ook twee groot seuns, Bertie (29) en Timothy (27) wat se lewens partykeer met ons s’n kruis en dan reis hulle saam met ons.

Ons het ‘n baie lekker Echo 4 Off road treiler en ‘n FJ Cruiser om daardie afgeleĂ« plekke mee te bereik.

Hier is my persoonlike Instagram profiel.

Instagram