Yolandi het besluit sy en Graham en die kinders, Amy en Stella gaan bietjie die naweek na haar pa se plaas toe by Dwaalboom in Thabazimbi. Drinkpan. (Baie gepaste naam) Ons was ook die naweek af en besluit toe ons gaan sommer saam. Timothy het sy nuwe Jimny gekry, so hy gaan defintief saam.
Donderdag het ons alles gepak en ry Drinkpan toe. Ons kom so teen 18:30 se kant daar aan. Slaan vinnig tent op, en toe is ons te lui om die hamburgers te maak wat ons vir die naweek beplan het. Surika maak toe maar broodtjies en Simba chips. Ons was vroeg vroeg in die bed om lekker uit te rus vir die naweek. Die volgende dag kom Yolandi-hulle en dan gaan die pret begin.
My skoonpa Piet is ook die naweek daar.
Vrydag oggend kom Yolandi hulle toe daar aan. Miya, Amy en Stella gaan dadelik in “overdrive” speel “mode” in. Van nou af sal ons hulle net sien as hulle eet en gewas word. Hulle word egter baie duidelik gehoor.
Piet sit ‘n hekkie in by die groot hek van die plaas en ons almal gaan saam. Piet en Josef werk terwyl Graham, Hennie, Timothy en ek seker maak dat die biere nie te gou warm word nie. (Dis nou deur dit vinnig op te drink)
Ek weet nie of die bier konsumpsie iets daarmee te doen het nie, maar ‘n rukkie later steek Graham sy hand deur die heining om ‘n skoenlapper af te neem wat op ‘n blommetjie sit. Binne sekondes lĂȘ hy plat op sy rug…die heining was ge elektrifiseer. Graham was net bekommerd oor sy suiker aparaatjie na die skok slag. Daar was egter nie ‘n probleem met die aparaatjie nie. Indien enigiets was die ‘n bietjie meer ge “charge”
Hekke opsweis is nie vir sissies nie.
Die res van die dag verloop rustig. Die kinders speel, die grootmense kuier en alles is net te lekker.
Laat middag stap ek bietjie in die bos in toe die son sak. Daar is nou maar net iets magies omtrent die bosveld en sonsondergang. Mens voel sommer die rustigheid aan.
Die aand word daar gebraai, dis nou maar een ding op die plaas, jy maak nie kos nie, jy braai, elke aand.
Die volgende oggend is ek vroeg vroeg op en kyk hoe die son opkom deur die bome.
Daarna bederf ek Surika met koffie in die bed (treiler) Miya en die girls slaap in die bus so mens weet nie eers van hulle nie.
Almal sit maar so in die lapa en kuier en eet die vorige aand se oorskietkos.
Later die dag ry ons oor na Bettie en Tommie se plaas langsaan toe, dis nou Hennie en skoonpa Piet se broer. Lynette en Jacques (Lynette is Surika en Yolandi se niggie) bly ook op die plaas. Hulle het ‘n heerlike speelarea vir hulle kinders ontwerp, wat die heeltyd deur die grootmense gebruik is.
Ons gaan stap ook ‘n bietjie na die dam toe en bewonder die pragtige uitsig. Yolandi vertel on die storie van toe sy klein was en haar arm op die plaas gebreek hetop die “swings” Bettie vat haar toe dokter toe, maar eers moet sy ‘n skoon panty aantrek, want, “As mens hospitaal toe gaan moet jy ‘n skoon panty aanhĂȘ.”
Miya was natuurlik mal oor die perde.
Soos op elke plaas is daar ook ‘n klomp dinge wat oral rondlĂȘ, ‘n boer dink mos altyd hy gaan nog eendag al die goed regmaak of nodig hĂȘ om iets anders reg te maak.
Yolandi en Timothy geniet ‘n ruskansie.
Jacques en Lynette is twee agtermekaar mense, by hulle word daar altyd ‘n plan gemaak. Hier is hulle groentetuin wat skynbaar baie water spaar. Die water word oor en oor gesirkuleer en loop die heeltyd deur die groente.
Lynette hulle het ook ‘n baie suksesvolle boerdery hier aan die gang, Miya wou natuurlik met alle geweld ‘n kuiken hĂȘ.
Op die plaas ry die mans voor in die bakkie, en die vrouens en kinders pak stoele agterop en ry saam. Die cooler boks is natuurlik baie handig naby en kort kort word daar ‘n ietsie van agter af vorentoe aangegee.
En toe breek die groot kuier aan, al die Westermanns van die plaas langsaan kom oor na Hennie en Ronell se plaas toe en ons braai saam. Jacques werk by PPC en kom eers later daar aan. Die kuiery gaan oor in ‘n dansery. Surika en Yolandi is natuurlik soos gewoonlik die voorbokke (soos gesien kan word in die video hieronder)
Hennie loop die heelaand rond en deel sy Maroela mampoer uit wat hy gestook het. Op die Klipdrift bottel met sy opgeplate “label” staan dit:”Hennie se Maroela Mampoer. 60% alkohol”, en die datum. Hennie sĂȘ dis eintlik 59.6% mampoer, maar hy het dit net bietjie afgerond.
Die mapoer drinkery werk so. Die man wat hom ge stook het gooi altyd so ‘n bietjie in die proppie en bied dit dan aan (jy kan nie nee sĂȘ nie, maak nie saak hoeveel keer hy aanbied nie) Jy moet dan dit in jou mond gooi en “tande borsel” Dit beteken jy spoel dit eers in jou mond rond voor jy dit sluk. Die ou wat dyt gestook het hou jou reaksie dan noukeurig dop, Ek dink hoe meer jy jou gesig trek na die sluk slag hoe trotser voel hulle. Die mapoer was lekker Hennie, BAIE lekker. (Tot die volgende oggend)
Ronell maak vir ons ‘n heerlike koolkop. Dit werk so. Jy sny die heel koolkop van bo af in ‘n paar stukke, amper soos jy ‘n pizza sny. Dan sit jy repe bacon, kaas en speserye op. ‘n Groot klont botter kom bo op. Jy draai hom dan toe in foelie en sit hom eenkant op die kole. Vingerlek lekker. Daar is net een probleem met so ‘n koolkop en die gepaargaande kuiery, mens vergeet gedurig om dit om te draai op die kole.
Maar, elke kuier het sy gevolge, soos hier kan gesien word die volgende oggend. Gepraat van kuier. Na die kuiery en dansery van die vorige aand maak Surika my so teen 02:00 die oggend wakker. Sy hoor iets buite die tent, dit klink vir haar soos groot katte. My laaste ondervinding hiervan is natuurlik die leeus in Botswana in die Kalahari. En die is darem die bosveld, kan hier leeus wees? Nadat ons ‘n rukkie niks gehoor het nie gaan ek buitentoe om bietjie vars lug te skep. En daar hoor ek dit, die onmiskenbare geluid van ‘n leeu wat brul. Ek skrik my yskoud. Ek sĂȘ vir Surika in die tent ek is seker ek het ‘n leeu hoor brul. Sy beaam dis presies wat sy gehoor het. Dan hoor ons weer die leeu brul. My bloed word yskoud. En dan begin die “leeu” ‘n paar sinnetjies te mompel. Dis toe altyd Yolandi se gesnorkery na die vorige aand se gekuier.
Miya reg vir die dag
Plaas kuns in Hennie se lapa.
Piet se trekker wat hy aan Hennie verkoop het, langs ou Faan se stukkende Landrover met sy “racing” stuurwiel. Hy staan nou al so lank stukkend op die plaas as wat ek hiernatoe kom, en ek het hom nog nooit sien ry nie.
En hier is Hennie se slaapplek op die plaas, Sy 1957 Koedoe Putco bus. Hy staan al 30 jaar hier. Hennie se vriend Dawie het destyds by Putco gewerk en hy het die ou bus vir Hennie gekry en plaas toe gesleep. Al die banke is binne uitgehaal en daar is drie dubbel beddens in. Die Koedoe het nog net sy voorste wiele oor, hulle is nog nie in 30 jaar gepomp nie, en hulle hou nog steeds. Die agterste wiele is op bakstene. Een van Hennie se vriende het dit nodig gehad, en Hennie is ‘n man wat hou daarvan om sy vriende te help.
Die groen kleur kom van Pa Piet af. Ek dink nie dis die kleur wat hy dit eintlik wou verf nie, maar die verf was op ‘n “special’ En pa Piet kan nie ‘n “special” weerstaan nie. Ek dink hulle beplan om hom nou te “camouflage” (Seker omdat hulle gesien het die groen is bietjie rof op die oog) Die bus kom net tot hier kom, Hulle het toe maar die lapa, kombuis en alles rondom die bus gebou.
Ons sluit die naweek af met ‘n lekker ontbyt wat Yolandi vir ons op die vuur op ‘n plaat maak, en dan is dit terug huis toe.