Dis nou een ding wat ons almal het. Party meer as ander. En ons almal hanteer dit verskillend. Party mense is eksperts in probleem hantering. Ander weer se lewe val inmekaar as hulle ‘n probleem ervaar! Ek moet erken ek is bietjie van laasgenoemde. Ek is nie altyd so goed met ‘pressure” situasies nie.

Miskien is dit hoekom ek die spreekwoord op die foto gesit het. En ‘n ou wat werklik weet hoe om groot dinge aan te pak en deur te voer het dit gesê. Edmund Hillary. Die eerste man wat Mount Everest saam met Tenzing Norgay geklim het. Dit moes ‘n reuse onderneming gewees het om dit suksesvol te doen in 1953 toe hulle dit reggekry het. Ondanks al die nuwe tegnologie beskikbaar vandag is die sukses ratio deur die jare van mense wat Everest kon oorwin slegs 29%. Ek haal my hoed af vir die twee.

So wat het Edmund Hillary gesê?

“It is not the mountain we conquer, but ourselves”

So, dit beteken ons moet nie fokus op die probleem en hoe groot dit is nie. Maar ons moet fokus op ons ingesteldheid en positiwiteit. Ons moet eers ons eie onsekerhede uit die weg ruim voor ons ‘n groot probleem oplos. Ons moet GLO in onsself!

Ek het die foto geneem in my gunsteling plek op aarde.

Die Karoo.

Ek het dit geneem erens tussen George en Oudtshoorn.Op pad terug van ‘n heerlike vakansie by my broer en sy vrou Marissa in 2013. Ek het so pas 50 geword. My lewe lê voor my. En hoe die res van my lewe gaan wees gaan afhang van hoe ek die berge in my lewe kan klim en oorwin!

JC Crafford