Ek is nog besig om hierdie post te skryf.
Fotos is solank opgelaai.
Saterdag 21 Augustus. Ons ry 650 km die dag.
Die groot dag het aangebreek waarvoor ons al maande wag. Ons Richtersveld trippie saam met Rey van Rensburg. Ons het die vorige aand ‘n troue gehad in Middelburg en is nog so ‘n bietjie moeg toe ons opstaan. Dit was ‘n baie rowwe week gewees. Ons moet nog eers vir Miya gaan optel by skoonma hulle en dan begin die rit. Maar eers koop ons bietjie biltong vir die pad.
Net buite Sannieshof kry ons ‘n padblokkade, Surika is besig om te bestuur en het nie ‘n lisensie om die treiler te sleep nie. Surika ry net so 40 km en toe raak sy vaak. Nou maar weer my beurt.
Ons ry tot net anderkant Kuruman en slaap die aand oor by die Red Sands lodge. Dis ‘n baie oulike kampterrein. Ons het selfs ons eie privaat badkamer. Ons braai die aand Rump steaks en drink bier wat ons by die Lodge koop.
Dag 2 en 3 – 23 en 24 Aug
Dag 4 – 25 Augustus
Dag 5 – 26 Augustus
Dag 6 – 27 Augustus
Dag 7 – 28 Augustus
Dag 8 – 29 Augustus
Dag 9 – 30 Augustus