Ek het op die 4×4 Community Forum ‘n paar ouens gesien met BAIE oulike idees vir hulle Bundu Bashers. Die een man, Johan, het seker die beste idees. Hy het my toegelaat om een Saterdag oor te kom en en idees te kom steel met die oog.
Ek het toe daarna die treiler na Blinkgat Products toe gevat. Sarel se besigheid. As ‘n man sy besigheid so ver van die stad af op ‘n plaas bedryf, en die mense gee nie om om na hom toe te ry nie, dan moet jy weet hy is goed.
Ek hou ook sommer van sy naam… Blinkgat Products. So ‘n bietjie Afrikaans, en so ‘n bietjie Engels. Almal is happy.
Hier is Chucky voor die upgrades.
En toe laat ek die volgende doen by Sarel.
- Haal die stickers af. Dis nou nie meer ‘n Camp Master Wilderness nie. Hy is nou in ‘n ander liga. Een van die dae gaan ek vir hom sy eie branding laat doen. Met ons website op…en sy naam.
2. Sarel het hom so ‘n bietjie gelig, en toe die kassies ingebou. Aan die eenkant is die slaapkamer gedeelte se kassies. daar pas 4 Ammo bokse in, net lekker vir al daardie klere en handdoeke op vakansie. Die kassies kan sluit ook. Aan die ander kant is daar 3 kassies. Dis die kombuis. Ek moet nog net die binnekant doen, mooi rakkies insit, glase en borde moet mooi vasgehou wees ens ens. maar ek dink nog bietjie wat ek hier moet doen
3. Aan die agterkant kom die elektriese gedeelte. Drie Hella plugs vir 12V. Dit krag gaan van Chucky af kom en moet nog ingebou word.
Die blou plug is waar ek die 220V krag inplug as ek by ‘n plek staan wat krag het. Dit word dan herlei na die 3 plugs (ek wil nog drie insit) en na die led liggies wat ek by Lumeno gekoop het. Ek het in elke kassie wat Sarel ingebou het ‘n LED liggie geinstalleer. Jy sit hulle aan en af binne in die kassie, die skakelaar is op die LED strip.
4. Ek het op elke wheel arch ‘n kassie laat inbou, een kant gaan kombuis goed hoe, en anderkant sit ek al my elektriese kabels, ligte ens in.
5. Ek het ook agter elke wheel arch ‘n plek laat inbou om my gasbottels te hou
Sarel se prys was regtig spotgoedkoop. Hier was sy kwotasie.
Ek het na die tyd ook ‘n db boks ingebou wat ek by Outdoor warehouse gekoop het. Niks fancy nie, maar hy werk. En ek het dit self gedoen (met ‘n moerse gesukkel)
Daar is nog ‘n hele paar dinge wat met Skillie moet gebeur. Na die laaste kamp by Mbizi het ons besluit die National Luna moet maar op ‘n slider binne in die treiler staan. Dis te moelik as dit binne in Chucky is. Ek wil bietjie bel vir pryse vandag. En nog ‘n paar ander dinge. Maar Rome is nie in ‘n dag gebou nie. Ons wil die overlanding ding doen, en dan gaan ons reg wees.