Ons besoek die Tswaing krater op 30 Julie 2017. En wat ‘n lekker dag was dit nie. Ons vat sommer vir Mignon ook saam, sy en Miya het hulleself gate uit geniet.

Ons laat dat Google maps ons na die krater neem, en hulle vat ons heeltemal die verkeerde kant om. Ons eindig op om deur die agterkant van Soshanguve te ry, deur riool wat oor die pad loop, en kom sodoende verniet by die krater uit. Ons ontdek eers later by een van die baie hulpvaardige Sekuriteitswagte dat daar eintlik ‘n baie beter ingang is waar jy nie deur die slegte gedeeltes ry nie.

Hy neem ons na die hoofingang toe waar ons gou betaal, daarna neem hy ons op ‘n staptoer rondom die krater.

Die krater is eintlik BAIE indrukwekkend. Dit is so 40 km Noordwes van Pretoria. Die krater is so 1,13 km in deursnee en 100 m diep. Die impak het omtrent 220 000 jaar gelede plaasgevind. Dit was ‘n meteiriet van tussen 30-50 m deursnee wat hier die aarde getref het.

Tswaing beteken “plek van sout” Die water onder in die krater is sout en sout is vir jare lank hier deur die plasslike Sotho en Tswana mense versamel.

Ons gaan braai ook die middag by hulle ‘n baie oulike terrein wat hulle het waar jy kan gaan braai en kuier.