Avada
domain was triggered too early. This is usually an indicator for some code in the plugin or theme running too early. Translations should be loaded at the init
action or later. Please see Debugging in WordPress for more information. (This message was added in version 6.7.0.) in /home/vreklekkerco/public_html/wp-includes/functions.php on line 6121Tshidi en Shebo het hulle troue deur ons geboek. Maar nie sommer net so ‘n troue nie . Hulle “white wedding” was geboek vir Summer Place in Hyde Park. En die awesome gedeelte, ons is ook geboek vir hulle tradisionele troue in Botswana die volgende naweek. Ons was nog nooit in Botswana nie, so die idee om soontoe te gaan, en die klient betaal die reiskoste is baie aanloklik.<\/p>\n Ons enigste probleem is hulle bly net oor die grens in Pitsane, en al die mooiste gedeeltes is in die Noorde van die land.<\/p>\n Ons besluit om die Sondag net na hulle Saterdag troue te ry. Die week vakansie te hou, en dan die Sondag na hulle troue bietjie na die Noorde te ry en daar te verken. Ons moes weer die Vrydag na hulle troue terug wees want ons het dan weer ‘n troue in Pretoria aan die gang.<\/p>\n Ons begin Tracks 4 Africa se kaarte te bestudeer.<\/p>\n Ons besluit die eerste week gaan ons hoofsaaklik in die Kalahari deurbring.<\/p>\n Net die woord Kalahari bring al wonderlike eksotiese gedagtes op. Een van die heel laaste regte wildernisse wat oor is in Afrika. Wonderlike sonsondergange terwyl jou vuurtjie brand en jou Black Label koud in jou hand sit. Weg van die beskawing en ander mense, weg van die probleme. Leeus wat jou in die nag wakker hou met hulle gebrul. En dan natuurlik jou verhoogde adrenalienvalakke. Want sien, die kampplekke in die Kalahari het nie draad om nie. Jy kamp net so in die bos, so die diere kan reg langs jou verby loop…of aan jou tent kom snuif. Ek moet erken ek was bietjie bekommerd, wel bekommerd genoeg om “Lions in the camp Kalahari’ te gaan opsoek op You Tube….en dit het natuurik nie baie gehelp nie, want net die heel skrikwekkendste videos maak dit uit die aard van die saak na bo op die soeklys.<\/p>\n Maar wat, ons is mos nie bang nie, ek wil in elk geval eerder in die Kalahari kamp as in ‘n Aventura oord.<\/p>\n So far so good. Terwyl ek hierdie sit en tik, het ons darem al twee aande in die Kalahari oorleef. Maar ook amper nie…maar dis netnou se storie.<\/p>\n Ons het ons bespreking vir Khutse Game Reserve gedoen deur Bigfoot Tours\u00a0<\/a><\/p>\n Twee aande in Molose en een aand in Moreswe.<\/p>\n Ons het besluit om by Skilpadshek se grenspos in te gaan. ‘n Vinnige soektog op 4×4 Community Forum se website het ons op die spoor van Sharon en Andries du Plessis gebring, hulle het ‘n plaas net oor die grens naby Lobatse en het ‘n pragtige kampplek op hulle plaas gebou.<\/p>\n Ons het die week voor die tyd bietjie by Ramon van LA Sport Pretoria Oos<\/a> gaan aanklop.<\/p>\n Ons het geweet hierdie keer is daar nie krag by staanplekke nie en ons gaan definitief ekstra krag nodig he om ons yskasse en ligte aan die gang te hou. Ons het ‘n 90 l National Luna Yskas\/diepvries in die Echo 4 treiler ingebou en ‘n 35 l Engel yskas\/vrieskas in die Cruiser ingebou.Genoeg plek dus vir die koue biere en die vleis.<\/p>\n Ramon het al die elektriese bedrading op my Cruiser gedoen en hy was net die man vir die joppie.<\/p>\n Hy het vir ons ‘n 120W solarpaneel onder die Crusier se dakrak ingebou, dit sluit met ‘n slot en kan in en uitgetrek word. Ons\u00a0 Ek het ook ‘n nuwe Protecta dc\/dc charger laat inbou in die Cruiser se enjin. Die HCDP dc\/dc charger het ek laat uithaal, hy het nou begin probleme gee. Ek sal hom maar laat “overhall” en Timothy kan dit in sy Jimny laat inbou wanneer hy dit kry. Ek is nie lus om te sukkel met iets wat nie 100% werk terwyl ek in die Kalahari is nie. Ramon het ook vir my ‘n solar regulator in die Echo ingebou. Ek kon dus die 74a\/h battery in die treiler met die solarpaneel charge asook die 105a\/h battery wat voor in my Cruiser ingebou is as tweede battery. Die Protecta dc\/dc charger charge ook die kar en die treiler se batterye terwyl jy ry. En dit alles vir net onder die R 10 000-00. Ek hou daarvan om besigheid met hom te doen. Om jou ‘n idee te gee. Net voor ons oor die grens gegaan het\u00a0 was daar iets wat ek nie verstaan het nie. Ek het Ramon op sy selfoon gebel, hy het heel kalm en bedaard alles vir my weer ‘n keer verduidelik…op ‘n Sondag middag. Dankie Ramon, jy gaan nog ver kom in die lewe met sulke tipe diens.<\/p>\n Ek het ook weer ‘n satellietfoon by Shana van sat4rent.co.za<\/a> gehuur. 12 dae en 30 min praattyd, R2075.00. Dis die tweede keer wat ek met haar besigheid doen. Sy maak dit so maklik om met haar besigheid te doen. Die dag wat ek betaal het het die courier al die satfoon kom aflewer.<\/p>\n Ek het net besluit dis een ding wat ek nie op gaan spaar nie, ons reis alleen, in onherbergsame areas, so as iets gebeur wil ek met iemand in verbinding kan kom. Min het ek geweet hoe nodig gaan ek nog die satellietfoon op die trippie kry.<\/p>\n Ons het die Saterdag aand laat van Tshidi en Shebo se white wedding af gekom, en net uitgeput in die bed gavel. Sondag sou weer net een van daardie dae wees, baie dinge om af te handel voor ons kon ry.<\/p>\n Afstand gereis: 477 km<\/strong><\/p>\n Sondag oggend breek toe aan, ons moes nog ons troue van die vorige dag aflaai op ons server, batterye charge, treiler pak, groceries gaan koop, Miya gaan haal wat by ‘n maatjiie geslaap het, gas volmaak, ‘n paar dinge by die apteek koop vir die rit ens ens. Die stress vlakke was lekker hoog toe ons net so na 13:00 se kant ry.<\/p>\n Die rit grens toe het vinnig en maklik verloop, daar was nog so ‘n paar besigheidsoproepe terwyl ons in SA was.<\/p>\n Net na 17:00 stop ons by die grens, ons is deur die SA kant in minder as 5 min, die Botswana kant was bietjie stadiger. Jy kon sien hier gebeur dingte nie vinnig nie, ek meen, hulle ou President, Ian Khama, se foto hang nog in doeane..<\/p>\n Eers moes ons vormpies invul, paspoorte laat stamp, toe in die ry gaan staan vir die road fund betaal. P450 vir ons kar en treiler. Voor ons staan ‘n klomp baie opgewonde toeriste van Frankryk af in hulle skoongewaste Britz 4×4 huur Toyotas met daktente op, reg vir hulle groot Afrika avontuur. Kameras reg om die nekke en uitgedos in hulle nuwe Afrika safari klere.<\/p>\n Net na 18:00 is ons deur die grens.<\/p>\n Een ding om te noem. Die beamptes aan die Suid Afrikaanse kant is ongelooflik vriendelik en behulpsaam. Hulle badkamers is so skoon en netjies jy kan dit skaars glo.<\/p>\n S25\u00b0 19.066′ E25\u00b0 36.739′<\/strong><\/p>\n sharondoepie@gmail.com<\/strong><\/p>\n Tel: +267 71304897 of 8<\/strong><\/p>\n R130 per grootmens per aand en Miya wat 8 jaar ous is was gratis. Hulle vra ook R100 per voertuig.<\/p>\n 20 min laat trek ons by die Du Plessis se plaas in. Ek het vroeer die dag met Doepie oor die telefoon gesels, hy vra ek moet asb net vir hom twee lekker wit Sasko of Albany wit brode saambring, die brode in Botswana is nie na sy smaak nie.<\/p>\n Ons ry eers die helfte van sy plaas vol op soek na die kamp, en kry dit eventueel. Sy twee honde draf oral saam met ons. So ‘n swart gespikkelde Great Dane wat Miya Hannes noem en so ‘n ou hond wat Miya Kylie doop. Hulle bly toe sommer die heel nag saam met ons.<\/p>\n <\/p>\n Ons eet nie die aand nie, niemand is nou lus vir kos maak nie. Ons het te veel chips en biltong en droee wors op pad geet. Mens kan egter nie met ‘n lee maag gaan slaap nie so ons drink elkeen maar twee biere. Miya en ek gaan vang ‘n vinnige dip in die yskoue swembad en gaan klim lekker verfris in die bed. Twee ure later maak Surika my baie bekommerd wakker, sy hoor iets al om die treiler. Dapper held wat ek is is ek dadelik uit gewapen met my kopflts. Reg om my vroue en dogtertjie te beskerm (sonder my kontaklense, so ek kan nie veel sien nie) net om my vas te loop in die ou hond wat heigend al om die treiler loop, Marius le rustig en slaap.<\/p>\n Die res van die aand verloop sonder enige verdere voorvalle.<\/p>\n Die volgende oggend slaap ons laat, die laaste twee weke se harde werk vat nou aan ons. Ons vang ‘n lekker warm stort en maak vriende met Doepie se mak kameelperd. Hulle het hom al vandat hy 8 dae oud is. Ons kom eers so net na 10;00 weg op Doepie se plaas. Miya vind uit dat Marius se naam eintlik Shaggy is.<\/p>\n <\/p>\n <\/p>\n Afstand gereis; 310km<\/strong><\/p>\n Ons vat die pad Noord vir ons groot Kalahari avontuur. Wat opval in Botswana teenoor bv Mosambiek waar ons laas op vakansie was. In Mosambiek is daar oral gehuggies en schacks. In Botswana is dit natuur net waar jy kyk behalwe natuurlik in die dorpe en stede. Dis ook ‘n baie skoner land. Dit het seker iets te doen met die feit dat daar net oor die 2 miljoen mense in Botswana is.<\/p>\n Ons stop eers langs die pad en Surika maak vir ons iets om te eet.<\/p>\n Ons sien ‘n baie interessante verskynsel. Ons ry by ‘n begraafplaas verby. Elke graf het so ‘n klein groen dakkie op, net so 30-50 cm bokant die grond.<\/p>\n Daar is baie Afrikaanse mense ook in Botswana, oral sien mens Afrikaanse name.<\/p>\n Ons ry vandag deur na die Khutse Game Reserve waar ons drie aande gaan slaap.<\/p>\n Ons vat die A2 en draai net voor Kanye af Noord na Thamaga op die A10<\/p>\n Naby Thamaga draai ons van die A10 af af op die B111 wat nogal sleg is, baie postholes.<\/p>\n Oral onder al die bome is daar sulke klein plantasies klein geel blommetjies. Miya raak baie opgewonde oor ‘n man wat met ‘n persdverby ry. Sy is nou in haar perde fase.<\/p>\n Ons ry deur Molepolole en draai dan regs af op die B102 na Lethlakeng.<\/p>\n In Molepolole sien ek ‘n donkiekar langs die pad staan, die man is besig om sy wiel om te ruil. Ek vra hom of ek ‘n foto kan neem, hy s\u00ea ja, enige tyd. Net klaar geneem, en hy wil geld h\u00ea. Ek se toe vir hom : “Nee wat, dan delete ek eerder” Hy s\u00ea ek kan dit dan maar hou.<\/p>\n Lethlakeng is die laaste dorp waar jy petrol en voorrade kan koop voor jy die Kalahari binnegaan.<\/p>\n Ons maak die Cruiser se tenk vol en gooi nog 120 l petrol in ons jerrykanne.<\/p>\n Ons koop ook ‘n paar goedtjies by die plaaslike Choppies supermark wat pragtig skoon en modern is.<\/p>\n Dan ry ons verder na die Khutse hek. Vanaf Lethlakeng is dit nou ‘n 95 km grondpad.<\/p>\n Ons stop in Salajwe by die Ikemele Bar en koop 11 x 500ml Black Labels. P187.00. Die manager die toonbank\u00a0 gee vir my ‘n netjiese uitgeskryfde kwitansie wat hy uit sy boek skeur. Ek is bly ons het hier bier gekry. Dit was die laaste plek voor Khutse waar ons kon drank koop.<\/p>\n Oral langs die pad is daar beeste en donkies. Hulle bly staan maar so in die pad en jy ry om hulle. Die geel blommetjies is nou oral langs die pad. Die bosveld ‘look” begin nou so bietjie uit te dun, daar is al minder groot bome langs die pad.<\/p>\n Ons gaan nou 3 aande in die Khutse Game Reserve slaap.<\/p>\n Besprekings word gedoen deur Bigfoottours.co.bw<\/p>\n reservations1@bigfoottours.co.bw<\/p>\n Die koste is P1750 vir die drie aande<\/p>\n By die hek moet ons ‘n verdere P870 vir die drie dae vir ekstra park fooie betaal.<\/p>\n Ons koste vir die drie aande is dus nou P2620-00. of te wel R1091.00 per nag.<\/p>\n Ons koop ook sulke klien bondeltjies hout by die hek. Hulle begin eers met P30 per bondeltjie, maar toe hulle my egsig sien maak hulle dit P20 per bondeltjie en maak die bondeltjie so ‘n bietjie groter.<\/p>\n Ons slaap die eerste aand by:<\/p>\n S23\u00b020.472′ E24\u00b030.179′<\/strong><\/p>\n Dis so 13 km van die ingang af.<\/p>\n Die kamplekke is glad nie omhein nie en die wild (en leeus) kan dus deur jou kamp loop. Die geriewe is ook baie basies. ‘n Puttoilet. (jy moet na die tyd jou toiletpapier verbrand) en ‘n “bucket” stort. Dit is basies ‘n emmer wat jy vol water maak (Daar is nie water in die kamp nie, jy kan net by die hek volmaak) Daar is dan so ‘n kraantjie wat jy oop en toedraai om die water te reguleer. Ons voel nou sommer baie soos Kapenaars met die waterbeperkings!<\/p>\n Die sonsondergang is ongelooflik. Dit is so stil, Surika s\u00ea sy kan haar bloed deur haar are hoor loop.<\/p>\n <\/p>\n <\/p>\n <\/p>\n <\/p>\n <\/p>\n <\/p>\n<\/a><\/p>\n
Dag 1: Sondag 8 April<\/h2>\n
Skilpadshek Grenspos<\/strong><\/h3>\n
Phuduhudu Safari camp<\/h3>\n
<\/a><\/p>\n
<\/a><\/p>\n
<\/a><\/p>\n
<\/a><\/p>\n
Dag 2: Maandag 9 April:<\/h2>\n
<\/a><\/p>\n
<\/a><\/p>\n
<\/a><\/p>\n
<\/a><\/p>\n
<\/a><\/p>\n
Khutse Game Reserve<\/h3>\n
Khutse 1 kamp.<\/h3>\n
<\/a><\/p>\n
<\/a><\/p>\n
<\/a><\/p>\n
<\/a><\/p>\n