Avada
domain was triggered too early. This is usually an indicator for some code in the plugin or theme running too early. Translations should be loaded at the init
action or later. Please see Debugging in WordPress for more information. (This message was added in version 6.7.0.) in /home/vreklekkerco/public_html/wp-includes/functions.php on line 6121Ons was weer lus om bietjie Botswana toe te gaan en die dele te verken wat ons nie nie in April maand by uitgekom het nie.
<\/p>\n\n\n\n
Maar hierdie keer wou ons dit saam met iemand doen.
<\/p>\n\n\n\n
Ek het so \u2018n bietjie kontak gehad met die pa van \u2018n paartjie wie se troue ek \u2018n paar jaar terug afgeneem het. Kobus Bouwer. Ons het nie saamgekuier nie, maar ek het gevoel ek en hy kom lekker oor die weg toe ons ‘n paar keer oor die foon gesels het. Ons het dieselfde tipe belangstellings, kamp en fotografie. \u201cOn the spur of the moment\u201d vra ons toe sommer vir hulle of hulle nie wil saamgaan nie. Ons het \u2018n kuiertjie saam Kobus en Karin Bouwer gere\u00ebl en sommer dadelik besluit. Ons ken mekaar nou nie, maar hulle wil Botswana doen en ons wil. Ons sal mekaar leer ken. Somtyds is \u2018n impulsiewe besluit \u201cn goeie een. In hierdie geval was ons gelukkig, om Kobus en Karin saam te nooi was een van die beste besluite van ons lewens. Ons het kuier vriende gemaak wat nog baie avonture saam met ons gaan meemaak. Ons kon lekker dinge deel, maar ons kon ook elkeen op ons eie wees. Dit was nie \u2018n geval van ons MOET alles saamdoen nie. Ons het sommer aan die begin al besluit elkeen maak sy eie kos. Twee vrouens in \u2018n kombuis of twee mans besig met een braai werk net nie. Die feit dat Kobus en Karin saamgaan het dinge sommer van die begin af verander. Surika en ek ry baie keer sommer net op vakansie sonder \u2018n duidelike plan van waarheen en waar gaan ons slaap. Menige kere was ons al op vakansie en terwyl ek bestuur bel Surika rond en soek plek waar ons moet slaap die aand. Met Kobus en Karin by het dinge bietjie anders gewerk. Hy is \u2018n ingenieur, so hy is uit die aard van die saak BAIE gesorteer. Ons het besluit om alles voor die tyd haarfyn te beplan. Kobus sou die helfte van die plekke soek en bespreek en ek die ander helfte. Ons sou weggaan vir die skoolvakansie, so ons het onsself bietjie onder druk gesit aangesien baie plekke reeds vol geboek was. Maar eventueel het ons oral plek gekry waar ons wou bly. Daar is so \u2018n paar veranderinge ook gedoen aan Mufasa en Dassie na ons laaste Botswana trippie. Na ons lekker vassit by Kubu eiland laaskeer het ek besluit \u2018n highlift jack is \u2018n moet. Jy gebruik dit nie elke dag nie, maar as jy dit nodig het en jy het dit nie\u2026.So die hghlift jack is gekoop en op die Frontrunner dakrak vasgesit. Ons het laaskeer ook amper probleme gehad toe ons net een spaarwiel gehad het en ons kry \u2018n pap wiel so 30 km van Kubu Eiland af, met \u2018n BAIE ver pad van die naaste plek af wat bande verkoop. Ek het bietjie rondgekyk en \u2018n tweedehandse \u201cmag\u201d gekry vir R1000-00. Ek kon ook \u2018n goeie tweedehandse band kry vir R500-00. Nou was ons reg vir papwiele kry. Die ekstra spaar is ook op die dakrak vas. Die een 75A batterytjie waarmee die Echo treiler standaard uitkom het ons sleg in die steek gelaat toe ons dit nodig gehad het. Ramon van LA sport het voorgestel ek gooi die battery uit en kry twee 105A Deep Cycle batterye. Hy het die area waar die batterye inkom in die Echo bietjie dieper gemaak sodat die ho\u00ebr 105A batterye daar kan inpas.<\/p>\n\n\n\n Nou was ons reg vir die ding. Ons vertrek datum was 1 Julie 2018. 09:00 die oggend trek ons toe uit Pretoria uit weg. Ek het twee Bosvark tweerigting radios. Ons hou een in elke voertuig. Solank ons nie te ver uitmekaar uit is nie kan ons lekker kommunikeer daarmee. Ons het gedog ons gaan lekker vroeg by ons eerste aand se stop aankom, maar die grenspos by Groblersbrug is \u2018n nagmerrie. Die volgende dag is \u2018n publieke vakansiedag in Botswana en al wat \u2018n inwoner van Botswana is en in SA is is op pad deur die grens. Ons staan maar geduldig in die ry. Ek begin lekker te gesels met \u2018n vroutjie van Botswana wat net agter ons staan. Ek vertel haar watse werk ek doen en sy wil net h\u00ea ek moet \u2018n studio kom oopmaak in Palapye, sy reken dit sal baie goed werk. Na twee ure en 20 min se wag is ons deur. Ons kom die aand so teen 18:26 die aand by Masama Lodge<\/a> net buite Serowe aan en slaan dadelik kamp op. Captain K en sy ontvangsdames is net soos laaskeer baie vriendelik en behulpsaam. Dis al donker toe ons daar aankom so ons steek sommer dadelik die vuur aan en braai die aand ‘n vleisie.<\/p>\n\n\n\n Soos altyd met die eerste aand van kamp slaap ons soos dooies. Die volgende oggend het ons lekker ontbyt gemaak en gaan voorrade aanvul by Serowe. Ons maak sommer die 4×4\u2019s en al die petroltenks ook vol. Dan druk ons deur na Kubu Island toe. So teen 15:00 stop ons by die Gaing O Trust se kantore in Mmatshumo. Hulle beheer die kampplekke by Kubu Island. <\/a> So teen 17:00 kom ons op Kubu Eiland aan. Die pad is aansienlik vinniger as laaskeer toe ons net na die re\u00ebn seisoen daar was, ons ry nou \u2018n korter pad ook want ons kan nou oor die Sua panne ry en nie meer die lang pad om soos laas omdat hulle bang was ons sit vas nie. Daar is gelukkig nie die keer so baie muskiete en insekte soos laas net na die re\u00ebn seisoen nie. En hier is die keer HEELWAT meer mense. Die rooi roete op die kaart hieronder is die pad wat ons die eerste keer gery het en die geel roete is die pad wat ons die tweede keer gery het. Met die geel roete (Ons tweede vakansie) ry jy oor die panne, wat nie gedurende ons April Kubu eiland vakansie moontlik was nie. Ons moes ‘n wye draai ry om nie vas te val nie.<\/p>\n\n\n\n Die aand braai ons weer. 06:00 die oggend is Surika, Kobus, Miya en ek op. Ons ry so om die eiland en neem fotos met sonsopkoms. Karin slaap so \u2018n bietjie later. Die natuurskoon hier is natuurlik ongelooflik. Fotos kan nie die volle verhaal vertel nie. Hierdie is nou maar net \u2018n BAIE spesiale plek. [modula id=”2421″]<\/p>\n\n\n\n <\/p>\n\n\n\n Ons vertrek by Kubu Eiland op pad na Gweta. Hier is die kaart van die pragtige pad wat ons die Ntwetwe pan van Kubu na Gweta gery het. ‘n Groot ou groot Baobab net so ‘n entjie van Kubu af.<\/p>\n\n\n\n Toe ons deur die Vet fence is raak die los sand ‘n probleem <\/p>\n\n\n\n Ons blaas eers bietjie ons wiele af. Surika leer hoe om dit te doen met my ARB tyre deflator<\/a>. Hierdie is nou maar net een van die beste R1000 wat ek al spandeer het. Waar is die dae wat ons Mosambiek en Sodwana toe was en die wiele met \u2018n stokkie afgeblaas het.<\/p>\n\n\n\n Hier is ‘n foto wat Kobus geneem het, daardie stofwolkie daarvoor is ons.<\/p>\n\n\n\n Ons stop vir ietsie om te eet. Sommer chips op ‘n bun.<\/p>\n\n\n\n Ons het so \u2018n bietjie skade toe Kobus agterkom hy het sy een jerrykan wat vol petrol is en agter op sy Infinity boswa was verloor. Ons weet tot nou toe nog nie wat het met die jerrykan gebeur nie. Is dit erens afgesteel of het dit afgeval?<\/p>\n\n\n\n Ons slaap vanaand en more aand by Planet Baobab<\/a>. Ons maak die bespreking deur Uncharted Africa. Dit kos ons BWP800 vir die twee aande vir vier grootmense met twee treilers en 2 4×4’s, en dan natuurlik Miya ook. <\/p>\n\n\n\n Ons kom moeg maar tevrede by Planet Baobab aan. Lekker warm storte en lieflike badkamers. Net wat ons nodig het om Kubu Eiland se stof af te was. <\/p>\n\n\n\n Miya maak maatjies en voer die vo\u00ebltjies. Die aand toe ons opslaan is daar Franse wat hulle gehuurde 4×4\u2019s en daktente amper bo-op ons kom opslaan. Ons moet ons net inhou sodat ons nie sonde met die bure veroorsaak nie.<\/p>\n\n\n [modula id=”2513″]<\/p>\n\n\n\n Vandag was ons Baines Baobab toe. Dit het ons P120 per persoon gekos om in te gaan. Miya was P60.00 Jy betaal P50 per kar ook. Die mense by die hek vat ook nie kaarte nie en hulle het ook nie kleingeld nie. Die pad na Baines Baobab toe was ook vir lang stukke baie slegte sinkplaat en ander plekke lekker dik los sand. Ek het Surika so \u2018n bietjie laat ry sodat sy solank kan oefen om in die sand te ry vir wanneer sy oor \u2018n maand Mosambiek toe gaan vir \u2018n troue. So, 3 dae in die vakansie in en my vrou kan al die tyre deflator gebruik en 4×4 ry in dik los sand. Ons vorder. [modula id=”2495″]<\/p>\n\n\n\n Die Baobab bome was darem iets besonders. Waar hulle vandaan kom weet ek nie, die wereld is maar redelik sonder bome, en hier staan hierdie paar reuse. Die geluid wat die wind maak as dit deur hulle takke waai is iets ongeloofliks om te hoor. Ons koop hout op pad terug Planet Baobab toe. Daar is \u2018n pragtige stalletjie met baie hout langs die pad, maar niemand daar om die hout te verkoop nie. Ons vat toe maar net die hout wat ons nodig het en besluit ons sal die volgende dag weer daar verby ry, hopelik die entrepreneur te siene kry, en hom of haar dan sommer betaal. Die volgende dag was daar egter nog steeds niemand nie. Ons het toe maar die geld gelos in \u2018n sak wat daar hang. Of hy dit ooit gekry het weet ek nie. Hoe s\u00ea hulle : \u201cVer van jou goed is naby jou skade\u201d <\/p>\n\n\n\n Ons gaan maak ook petrol vol by Gweta en koop bietjie bier by een van die plaaslke “drankwinkels”<\/p>\n\n\n [modula id=”2528″]<\/p>\n\n\n\n <\/p>\n\n\n\n Surika se 4×4 kennis brei nou vinnig uit. Sy het vanoggend sommer Mufasa se wiele ook opgeblaas met die kompressor. Een van die dae is sy reg vir die Dakar. Vandag ry ons deur Maun toe. Ons slaap die volgende drie aande by Island Safari Lodge net buite Maun. R1006.68 c vir my en Surika vir die drie aande. Miya betaal nie. Ons dink ons gaan die klein afstandtjie sommer vinnig kafdraf, Dis mos heelpad teerpad, en dis die A3. Maar ons het toe nog nie geweet hoe lyk groot dele van die pad nie. Om te s\u00ea daar is baie \u201cpotholes\u201d is die verkeerde beskrywing, s\u00ea eeder daar is net hier en daar teer tussen baie gate. Jy ry so \u201dzig zag\u201dom die gate mis te ry dit lyk soos \u2018n paar baie dronk mense wat bestuur as jy die motors voor jou dophou. Maar ons was gewaarsku. Op die GPS het daar gestaan \u201cA3 (potholed)\u201d In Maun aangekom stop ons eers gou by die eerste hardeware winkel, Kobus se boswa se geiser gee probleme en hy het \u2018n sealant nodig. In Maun gaan eet ons eers \u2018n lekker middagete by Marks Eatery. Ons was beindruk. Ons het glad nie so \u2018n mooi plek hier verwag nie. Ons wil ook sommer vleis koop. Daar is \u2018n Spar, maar ons sien toe \u201cgelukkig\u201d \u2018n \u201cbaie oulike slaghuis\u201d raak. Ek sal maar nie die naam noem nie. Ons koop toe al ons vleis daar. Dit lyk nie TE lekker nie,en daar is nie juis \u2018n groot verskeidenheid nie, (veral nie as jy elke aand braai nie) Maar wat, hoeveel plekke verkoop nou vleis in Maun dog ons. Ons koop toe maar die volgende week se vleis daar. Daarna stap ons oor na die Spar toe vir \u2018n paar stukkies kruideniersware, en tot ons skok het hulle die heerlikste vleis, sosaties gemarineer in \u2018n verskeidenheid souse, gerookte ribbetjies ens ens. Ons monde kwyl sommer soos \u2018n Jack Russell s\u2019n as hy \u2018n Beeno beskuitjie sien. En ons het nou so pas al ons vleis by \u201cdie oulike slaghuis\u201d gekoop. Ai! \u201cHaastige hond verbrand sy mond\u201d Ons ry die res van die middag die hele Maun plat op soek na kamp winkels want ons wil \u2018n sak koop waarin jy jou wasgoed kan sit saam met water en waspoeier, soos jy ry was jou klere dan. In die eerste plek is die plekke nie waar Google maps s\u00ea hulle moet wees nie, en wanneer jy die winkel aan die anderkant van die dorp kry weet hulle nie waarvan jy praat nie. Ek kom gou agter dat die goed wat die ouens op die You Tube 4×4 kanale wat ek volg gebruik nie noodwendig verkrygbaar is in \u2018n klein plekkie soos Maun nie. Iemand gaan met die hand moet was, of ons moet more maar weer dieselfde aantrek. Ag wat, kan seker nie skade doen om klere twee dae te dra nie n\u00ea? Ons het nogal \u2018n baie ingewikkelde kampeerplek waar ons ons boswaens in trurat moet instoot, bome aan alle kante.Baie \u201cchallenging\u201d Karin is \u2018n pragtige oulike mens, maar ons kom gou agter om vir Kobus aanwysings te gee hoe hy moet \u201creverse\u201d is nie een van haar sterk punte nie. Haha.Toemaar Karin. Met jou oulike, sprankelende persoonlikheid sou jy in elk geval nooit \u2018n \u201cspietkop\u201d hoef te gewees het nie. Ons eet die aand sommer broodtjies en gaan l\u00ea in die tent, ek raak amper dadelik aan die slaap. Surika lees darem so 14 bladsye van haar boek waarop sy baie trots is. (Miya lees meer as dit as sy moeg is) Miya het nie \u2018n goeie oggend nie. Eers het die apies haar koekies gesteel.En toe kry sy raas omdat sy net verdwyn en ek weet nie waar sy is nie. My oggend was ook nie te waffers nie, daar is nie warm water in die storte nie. Kobus en ek begin die dag met \u2018n Chakalaka toebroodtjie. Maar nou is ons eers op pad Moremi toe. 90 km tot by die hek. Dit vat so twee ure, want 60 km daarvan is grondpad, en dis nou nie die w\u00eareld se beste grondpad nie. Ons ry toe die heeldag in die wildtuin rond, sien \u2018n paar diere, en die aand weer terug Maun toe. Ek het so \u2018n klein insidentjie met \u2018n Olifant in Moremi. Hy staan so reg langs die pad. Ek is mos maar bietjie versigtig vir \u2018n Olifant. In elk geval, Surika is nog besig om \u2018n video te neem van die Olifant toe ek my verbeel hy begin storm. Ek trek so vinnig weg dat my vrou amper \u201cwhiplash\u201d opdoen in die proses. Ek is natuurlik die res van die dag daaroor gespot. Dit was \u2018n heerlike dag, die paadtjies is plek plek baie smal en dis ook baie ruig. Die natuurskoon is pragtig en ongerep. Hierdie is definitief die tipe plek waarheen jy wil kom as jy bietjie batterye wil herlaai. [modula id=”2540″]<\/p>\n\n\n\n Die aand braai ons weer van die \u201cbaie oulike slaghuis\u201d se vleis en Surika maak \u2018n koolkop met bacon, kaas en garlic in. Skoonpa se resep.Die koolkop word dan toegedraai in foelie en stadig in die kole gaargemaak. Ons l\u00ea toe te veel klem op die \u201cstadig gaarmaak\u201d en die koolkop word toe glad nie gaar nie. (Ons het dit toe darem die volgende aand ge eet) Maar dit maak nie saak nie. Ons is Afrikaners so \u2018n gebalanseerde maaltyd beteken jy moet net drie tipes vleis op jou bord h\u00ea, en die het ons. Ons besluit om die dag net rustig te vat en so min as moontlik te doen. Ons gaan maak die 4×4\u2019s se tenks vol en gaan eet toe ietsie by \u2018n klein Mexikaanse restaurantjie genaamd Miguel\u2019s, of Magiels soos Karin s\u00ea. Baie lekker kos. Die \u201cwaiter\u201d is sommer die ou wat die kos ook maak, so alles vat \u2018n bietjie langer. Maar, as die biere koud is en die geselskap is goed is mens bereid om te wag. Net langsaan Miguel\u2019s is daar mense wat geverfde lappe en handgemaakte \u201cAfrican\u201d juweliersware verkoop. Ons ondersteun bietjie die \u201clocal trade\u201d en koop goedtjies vir onsself en die mense by die huis en kantoor. [modula id=”2554″]<\/p>\n\n\n\n Die aand braai ons hoender en eet Surika se koolkop, nou die nie lekkerste hoender nie, dis van die \u201cbaie oulike slaghuis\u201d af, maar dis darem in en ons gaan slaap nie honger nie. Ons ry die oggend 06:00 al. Vandag moet ons tot by Swampstop by Sepopa ry. 335 km. En groot dele is skynbaar weereens sleg en vol \u201cpotholes.\u201d Maar ons wil eers ietsie eet. Ons is vreeslik verras toe ons \u2018n oop Wimpy sien. Daar is \u2018n werknemer wat buite die Wimpy staan en die vensters was. Ek is so opgewonde oor die oop Wimpy ek s\u00ea toe vir hom: \u201cYou\u2019re open, I Love you man\u201d Hy merk so ewe droog op: \u201cI love you to Sir, welcome to Wimpy\u201d En toe het ons lekker ge eet. Die hoender van die vorige aand is vergete. Ons druk die 4×4\u2019s se neuse in \u2018n Suidwestelike rigting op Die A3, Daarna draai ons weer Noord op die A35 in die rigting van Namibi\u00eb. Maar eers word ons afgetrek deur \u2018n paar spietkops op die A3, ons het skynbaar te vinnig gery. Erens was \u2018n 60km bordtjie wat niemand gesien het nie. Die man is so goed met die bribe vra dat ek basies gedink het ek betaal nou wetlik vir die kaartjie. Die A35 raak al hoe slegter hoe verder Noord ons ry, die aankoms tyd het nou al met 40 min aangeskuif oor die laaste 225km. Dis net \u201cpotholes, poholes, potholes\u201d Sepopa Swampstop is \u2018n aangename verassing. Die plek is regtig baie mooi. Ons kampplek is reg op die walle van die Okavango rivier. Ons boek \u2018n bootrit vir die middag op die Okavango rivier en dit is absoluut \u2018n belewenis. Ons sien selfs twee krokodille\/tjies. Die gids wat die boot bestuur stop erens langs \u2018n mooi blom wat op die water groei en maak vir Miya \u2018n hangertjie van die blom en sit dit vir haar aan. Hy verduidelik sy pa het toe hy sy op sy ma verlief geraak het vir haar ook so \u2018n hangertjie gemaak. Ons bly tot met sonsondergang op die water. Daar is eenvoudig nie woorde om te beskryf hoe mooi is \u2018n sonsondergang op die Okavango rivier op \u2018n boot nie. Toe ons terug vaar jaag die gids vinnig terug met die boot. Dis baie lekker\u2026.as jy jou mond toehou en nie praat nie. Die oomblik as jy jou mond oopmaak vlieg daar \u2018n paar muggies in. [modula id=”2616″]<\/p>\n\n\n\n One eet die aand sommer Mince mate. Erens deur die nag word ons wakker, ons hoor seekoeie sommer hier by ons in die water. Ons hoop maar nie ons staan op die plek waar hulle graag l\u00ea in die aande nie. Ons is lekker vroeg op pad. Vandag gaan ons Namibi\u00eb binne. Ons gaan die volgende 2 aande by Caprivi Mutoya kamp in die Caprivi strook, of soos die nuwe naam nou lui, die Zambezi Region. <\/p>\n\n\n\n Ons stop langs die pad en tap so 20 l petrol uit \u2018n jerrykan in my FJ in. \u2018n Vriendelike man kom nader gestap, sy naam is Tom. Hy is \u2018n boer in die omgewing, hy kom groet maar net. Dis een ding wat ek baie van Botswana hou, die mense hier is baie vriendelik. Die A35 is nog steeds net die ene slaggate<\/p>\n\n\n\n Ons maak vol by Mohembo net voor die grens aan die Botswana kant en kry sommer bietjie slap chips vir die pad ook. Net so om die honger gaaitjie vol te maak tot ons netnou gaan ontbyt maak.<\/p>\n\n\n\n Ons grenskruising in Namibi\u00eb by die Mohembo grenspos verloop glad. Die mense is baie vriendelik en baie agtermekaar. Die gebou binne is ook pragtig gedoen met houtsnee werke van diere. Ons is die eers mense vir die dag wat uit en ingaan vir die dag. Ons betaal 295 Nam dollar vir die kar en 188 Nam dollar vir die treiler. (1 Nam dollar = R1)<\/p>\n\n\n\n Hul aanvaar ZAR in Namibi\u00eb. As jy deur die grens gaan is jy dadelik in die Bwabwata nasionale park. Dis \u2018n pragtige bre\u00eb grondpad waarop ons ry. Diere is oral te sien. <\/p>\n\n\n\n Ons stop langs die pad en maak \u2018n lekker ontbyt. Daar is so \u2018n honger hondtjie wat rondom ons draai vir ietsie om te eet Ons gee vir hom broodtjie. Met elke snytjie wat ons vir hom gee hardloop hy met die stukkie brood so ver in die bos in dat ons hom nie meer kan sien nie. Na \u2018n rukkie kom hy terug en kom haal nog \u2018n stukkie, en dan word die proses herhaal. Hy hardloop ver weg en kom na \u2018n rukkie eers terug as hy klaar ge eet het. Lyk my kos is maar skaars hier. Jy moet versigtig wees as jy kos kry.<\/p>\n\n\n\n <\/p>\n\n\n\n By Divundu draai ons regs op die B8. Nou is dit reguit teerpad deur die Caprivi strook tot by Katima Mulilo. Dit lyk my die land lyk mooi na hulle infrasruktuur. Dis net na die 08:00 die oggend en ons het al twee groepe mense op die B8 gekry wat die pad in stand hou deur op te kap en oor te teer. Hier l\u00ea ook nie papiere en bottels oral langs die pad nie. Die mense is ook baie vriendelik. Naby Kongola maak ons weer vol.<\/p>\n\n\n\n Na Katima draai ons van die B8 af af op die B3508. Dis nou nog 13 km na Mutoya Lodge toe. Hulle is besig om groot padwerke te doen en nuwe paaie te bou naby Mutoya CapriviLodge. Ons ontmoet \u2018n vriendelike gesin wat Caprivi Mutoya besit en bestuur.Zayne is die eienaar van die plek en het jare terug uit Rhodesi\u00eb getrek en die stuk grond gekoop langs die Zambesi rivier. Hy het eiehandig alles gebou wat hier staan. Sy vrou en dogter en stiefdogter, Serina en Joey, bestuur die plek saam met hom. Jy gaan nie maklik \u2018n plek kry wat beter en vriendeliker bestuur word as Caprivi Mutoya<\/a> nie. Die koste om hier te bly is Nam160 per grootmens per nag en Nam80 vir kinders onder 12. Ons laat was sommer ons klere ook by hulle. Later die middag ry ons so \u2018n bietjie rond. Ek het \u2018n paar paadtjies op Tracks 4 Africa gesien wat ons tot reg langs die Zambezi rivier gaan vat. Dis waarnatoe ons nou op pad is. Ons ry by \u2018n paar verlate ouerige huise verby. Ons ry so \u2018n entjie voor Kobus en Karin. Die volgende oomblik kry ek \u2018n baie benoude oproep oor die radio. Daar is probleme by Kobus hulle, ons moet omdraai. Ons ry dadelik terug. Daar gekom sien ek hier staan \u2018n man met \u2018n yslike geweer by Kobus se venster. My bloed word eers koud. \u2018N Klomp gedagtes gaan deur my brein. Is dit dalk \u2018n ou soldaat wat nog teen ons geveg het in die bosoorlog in Suidwes wat nog \u2018n vendetta teen ons het? Maar dis toe nou niks so dramaties nie. Nadat ons hom verduidelik het ons is net hier om die rivier te sien raak hy baie vriendeliker. Sy naam is Matenga, sy vriend Pollack kom ook later daar aan met sy mokoro. Hulle is selfs so vriendelik en poseer vir fotos. Hulle wil eers geld h\u00ea vir die poseer, maar ek verduidelik vir hulle ek is \u2018n professionele fotograaf en mense betaal my eintlik. Haha. Hy stem toe in dat ek hulle verniet afneem as ek net vir hom die foto whatsapp. Karin gee vir hulle \u2018n pakkie koekies, net te bly sy lewe nog. Die tweede middag bespreek ons \u2018n 2 uur motorboot rit op die Zambezi, en wat \u2018n ervaring. <\/p>\n\n\n\n Dit kos ons Nam 250 per persoon, maar dit was elke sent die moeite werd. Wanneer jy op die rivier vaar en jy kyk links kyk is dit Zambi\u00eb en regs is Namibi\u00eb.Die middel van die rivier is die skeidslyn tussen die twee lande. So party van die eilandtjies is Namibi\u00eb eilandtjies en party is Zambi\u00eb eilantjies. Oral langs die rivier is daar klein groepies hutjies aan die Zambi\u00eb kant. Dis skynbaar mense wat maande lank in die binneland bly en saai en beeste aanhou en dan kom bly hulle weer \u2018n paar maande langs die Zambezi en maak hulle lewe uit visvang met hulle mokoros en nette. Die mokoros word van die jackalberry boom gemaak. Gepraat van eilandtjies. Skynbaar is van die gras en weiding op die eilandtjies baie voedsaam. Van die mense aan die Namibi\u00eb kant sal dan hulle beeste laat deur die Zambezi swem en op \u2018n eiland laat bly vir \u2018n ruk om daar te wei. Hoe hulle met die krokodille maak weet ek nou nie. Die beeste het seker vinnig leer swem. Ons sien ook \u2018n monster krokodil. Hy steur hom nie aan ons nie, hy weet hy is die \u201ctop of the foodchain\u201d hier rond. Ek is innerlik bly ons is in \u2018n motorboot en nie in \u2018n mokoro nie, daardie bootjies lyk vir my of hulle maklik kan omslaan, en dink jou nou in dit gebeur hier voor Oom Krokodil. Eish!<\/p>\n\n\n\n Met sonsondergang is ons nog op die boot op die \u201cmighty Zambezi\u201d wat \u2018n ongelooflike 2 ure.
<\/p>\n\n\n\n<\/figure><\/li><\/ul><\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
Sondag 1 Julie 2018: 530 km<\/strong> <\/h2>\n\n\n\nPretoria
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n<\/figure>\n\n\n\n
<\/figure><\/li>
<\/figure><\/li><\/ul><\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
Maandag 2 Julie 2018: 281 km\ufeff<\/strong> <\/h2>\n\n\n\n
Op Pad na Kubu eiland<\/strong> <\/h3>\n\n\n\n<\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n<\/figure>\n\n\n\n
<\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
Dinsdag 3 Julie 2018: 90 km<\/strong> <\/h2>\n\n\n\nSonsopkoms op Kubu Eiland<\/h3>\n\n\n\n
<\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n
Ons ry van Kubu Eiland na Planet Baobab<\/strong> <\/h3>\n\n\n\n<\/figure>\n\n\n\n
Die sowat 90 km grondpad vat ons toe so 6 ure. Maar wat \u2018n lekker pad om te ry. Jy is ver van alles en almal af en die stilte en natuurskoon maak dit absoluut die moeite werd. Definitief een van die lekkerste 90km wat ek al gery het. <\/p>\n\n\n\n<\/figure>\n\n\n\n
<\/figure><\/li><\/ul><\/figure>\n\n\n\n
<\/figure>\n\n\n\n
<\/figure><\/li>
<\/figure><\/li><\/ul><\/figure>\n\n\n\n
<\/figure><\/li><\/ul><\/figure>\n\n\n\n
<\/figure><\/li><\/ul><\/figure>\n\n\n\n
<\/figure>\n\n\n\n
Planet Baobab<\/h3>\n\n\n\n
<\/figure><\/li>
<\/figure><\/li><\/ul><\/figure>\n\n\n\n
Woensdag 4 Julie 2018<\/strong> <\/h2>\n\n\n\nBaines B
<\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
Donderdag 5 Julie 2018: 190 km<\/strong> <\/h2>\n\n\n\nMaun<\/h3>\n\n\n\n
<\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n<\/figure>\n\n\n\n
<\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
Vrydag 6 Julie 2018<\/strong><\/h2>\n\n\n\n
Moremi <\/h3>\n\n\n\n<\/figure>\n\n\n\n
<\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n<\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n<\/figure><\/li>
<\/figure><\/li>
<\/figure><\/li><\/ul><\/figure>\n\n\n\n
Saterdag 7 Julie 2018<\/strong> <\/h2>\n\n\n\nIn Maun:
<\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
Sondag 8 Julie 2018: 335 km<\/strong> <\/h2>\n\n\n\n
Swampstop by Sepopa<\/strong><\/a> <\/h3>\n\n\n\n<\/figure>\n\n\n\n
<\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n<\/figure>\n\n\n\n
<\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n<\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n<\/figure>\n\n\n\n
<\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
Maandag 9 Julie 2018: 450 km<\/strong> <\/h2>\n\n\n\n
Caprivi Mutoya Lodge in Namibi\u00eb<\/strong><\/a> <\/h3>\n\n\n\n<\/figure>\n\n\n\n
<\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n<\/a><\/figure><\/li>
<\/a><\/figure><\/li>
<\/a><\/figure><\/li>
<\/a><\/figure><\/li>
<\/a><\/figure><\/li><\/ul><\/figure>\n\n\n\n
<\/figure>\n\n\n\n
<\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n<\/figure><\/li>
<\/figure><\/li><\/ul><\/figure>\n\n\n\n
<\/figure><\/li>
<\/figure><\/li><\/ul><\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n<\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n<\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n<\/figure><\/li>
<\/figure><\/li>
<\/figure><\/li>
<\/figure><\/li>
<\/figure><\/li>
<\/figure><\/li><\/ul><\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n<\/figure><\/li>
<\/figure><\/li>
<\/figure><\/li>
<\/figure><\/li>
<\/figure><\/li><\/ul><\/figure>\n\n\n\n
Die M
<\/figure>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n<\/a><\/figure><\/li>
<\/a><\/figure><\/li>
<\/a><\/figure><\/li>
<\/a><\/figure><\/li>
<\/a><\/figure><\/li>
<\/a><\/figure><\/li>
<\/a><\/figure><\/li>
<\/a><\/figure><\/li>
<\/a><\/figure><\/li>
<\/a><\/figure><\/li>
<\/a><\/figure><\/li>
<\/a><\/figure><\/li>
<\/a><\/figure><\/li>
<\/a><\/figure><\/li>
<\/a><\/figure><\/li>