Avada
domain was triggered too early. This is usually an indicator for some code in the plugin or theme running too early. Translations should be loaded at the init
action or later. Please see Debugging in WordPress for more information. (This message was added in version 6.7.0.) in /home/vreklekkerco/public_html/wp-includes/functions.php on line 6121Familie is BAIE\nbelangrik. <\/p>\n\n\n\n
‘n Gelukkige familie\nis die klein deeltjie wat ‘n gelukkige en vooruitstrewende gemeenskap vorm. En\n‘n gelukkige gemeenskap gaan uiteindelik ‘n gelukkige land vorm. En ‘n\ngelukkige land ‘n gelukkige wereld.<\/p>\n\n\n\n
En ek dink dis juis wat ons nie nou het nie.\nEn baie nodig het.<\/p>\n\n\n\n
Want jy sien. Dis nodig vir ouers om tyd saam met hulle kinders te spandeer, sodat die kinders kan sien hoe die ouers dinge hanteer, sodat hulle na die stories van hulle families kan luister, en dit eendag weer aan hulle kinders kan oorvertel. <\/p>\n\n\n\n
Van geslag tot\ngeslag.<\/p>\n\n\n\n
Dis nodig dat\nkinders met hulle niggies en nefies meng, sodat hulle hulle eie sterk bande kan\nvorm vir die dag wat die ouers nie meer eendag daar is nie. <\/p>\n\n\n\n
Een vrot appel kan die hele boks appels vrot maak, selfs geslagte later. So wat ek en jy doen dra gewig, wat ons doen beinvloed hoe ons nageslagte lank na ons dood gaan wees. <\/p>\n\n\n\n
Ons het nooit my ma se familie baie goed geken nie. Jare terug het my een Oom besluit dat hulle 5 kinders (wat toe al oud was) een keer ‘n jaar moet bymekaar kom, dan kon hulle lekker gesels oor die ou dae en die bande optel wat grotendeels verbreek was. Hulle het die plekke gaan besoek waar hulle as kinders grootgeword het. Ek het gesmeek dat al die ouers hulle kinders en kleinkinders moet saambring, sodat ons na hulle stories kan luister, hulle plekke kan sien, en en ons niggies en nefies kan leer ken. My oom wou niks weet nie, die jaarlikse bymekaarkoms was vir hulle 5 kinders. <\/p>\n\n\n\n
So twee drie jaar\nlater is my ma oorlede. Ek het toe nou nooit my niggies en nefies leer ken nie,\nnooit geleer van my ooms en tannies se verlede en gesien waar hulle grootgeword\nhet nie. Ek het drie jaar terug Springbok besoek waar my ma hulle ‘n plaas gehad\nhet en grootgeword het. Ek het nie geweet waar die plaas is nie, ek moes dit by\nmense op die dorp uitvind. ‘n Plek wat vir my baie herinneringe en betekenis\nmoes inhou was nou net nog ‘n oulike Suid Afrikaanse dorpie. Ek het daardie dag\nbesluit dinge sal anders wees in my familie.<\/p>\n\n\n\n
En dis hoekom ek die\nnaweek gereel het. Logistiek was dit bietjie moeilik. Bertie bly in Beaufort\nWes, en net om hom hier te kry en die 1009 km soontoe en 1009 km km terug te\nlaat ry was ‘n duur storie. Om nie eers te praat van die 24 uur wat hulle op die\npad is nie. <\/p>\n\n\n\n
Maar in ag genome\ndie groter prentjie was dit die moeite werd, want hierdie paar dae sal daar\nbande gevorm word wat vir almal baie sou beteken in die toekoms.<\/p>\n\n\n\n
Ons het besluit om\ndit op Hennie en Ronell Westermann se plaas by Dwaalboom te hou. Hennie is\nSurika se oom. Yolandi se pa. Yolandi, Surika se niggie werk ook vir ons en sy\nen haar twee kinders gaan ook saam. En daar was natuurlik nie ‘n beter plek om\ndit te hou nie. Hennie en Ronell is by uitstek familie mense. Hulle plaas se\nlapa is vol van familie fotos en dinge wat as familie saam gedoen is. Hulle\nhele huis hang vol familie fotos. Yolandi spot dat as Ronel die dag nie meer\ndaar is nie gaan dit haar ‘n week vat net om al die familie fotos af te haal.\nHennie vertel vir ons dat Ronell nou al so in die foto ding is, sy weet al hoe\nwerk die foto druk masjien in Thabazimbi se apteek en sy druk sommer self haar\neie fotos uit. Hulle is ook twee mense wat gedurig hulle kinders betrek, hulle\ngaan saam op vakansie en kuier saam. Ons tipe mense. Familie mense.<\/p>\n\n\n\n
Vrydag oggend 04:00\nry Bertie en Monique toe deur van Beaufort Wes af. Dit sou die eerste keer wees\nwat ons Monique ontmoet, en ook die eerste keer wat Monique Bertie se kinders\nsal ontmoet. Dis maar ‘n “scary” ding, om so nuwe mense te ontmoet.\n12 ure later stop Bertie se wit Mazda voor ons huis. Na maande se whatsapps kan\nons weer mekaar sien en met mekaar praat. Monique is toe net so oulik soos wat\nBertie vertel het sy is. <\/p>\n\n\n\n
Ek het die Saterdag\nnog ‘n troue en Bertie en Monique gaan na ons kleinkind, Leia, se konsert kyk.\nMonique slaag haar tweede vuurdoop, Leia en Mika is mal oor haar. <\/p>\n\n\n\n
Die Sondag oggend\nvertrek ons 09:00 plaas toe. Bertie, Monique, Leia en Mika ry saam met my en\nSurika in Mufasa en Timothy, Yolandi, Miya en Yolandi se kinders Amy en Stella\nry saam met Yolandi in haar karretjie. <\/p>\n\n\n\n
Op die plaas\naangekom wag ‘n glimlaggende Hennie en Ronell ons in. Hennie het die hout laat\nkap vir ons 4 dae se kuier en Ronell het die plek skoongemaak vir ons. Ons gaan\nsit almal by die kroeg en kuier en ruil stories uit. Hennie het nog nie ‘n huis\nop die plaas gebou nie, as jy daar kom slaap jy in ‘n ou groen bus en karavane.\nMaar die “entertainment area” is perfek. Ander mense bou eers die\nslaapplek en dan die “entertainment area.” Maar die mense se\nprioriteite is reg. Dis die kuierplek en die stories rondom dit wat onthou\nword. Nie waar jy geslaap het nie. \nHennie los sy bakkie vir Yolandi sodat ons op die plaas kan rondry en ry\nterug huis toe met Yolandi se karretjie.<\/p>\n\n\n\n
Die aand kuier ons te lekker. Party mense lekkerder as ander. Ons braai wors en Simon, een van die plaaswerkers, kom maak vir ons ‘n groot swart pot met pap. Ek maak ‘n Tamatie en uie sous. Dit vat my omtrent ‘n uur, dis die kleinste uitjies et ek nog gesien het. Yolandi maak vuur en braai, sy is op haar gelukkigste waar sy nou is. Regte plaasmeisie.<\/p>\n\n\n\n
Surika en ek gaan\nslaap laterhand, maar die ander kuier verder. Later het Monique en Bertie ook\ngaan slaap, en dis Timothy se werk om verder met Yolandi te kuier. Nie ‘n\nmaklike taak nie hoor. Die Yolandi is ‘n besige bytjie en sy hou van kuier, en\nas sy eers vlamgevat het stop jy haar nie maklik nie. Baie soos ‘n veldbrand. <\/p>\n\n\n\n
Maandag oggend is ek\n04:00 al wakker. Uit verveeldheid maak ek maar die kombuis skoon. Ons het\nletterlik elke ding in die kombuis vuilgemaak, dit vat my seker ‘n uur om alles\nskoon te kry en op te ruim. Ek geniet egter die stilte van die oggend en my eie\ngedagtes. Dis lekker om die son te sien opkom hier in die bosveld. <\/p>\n\n\n\n
So teen 08:00 begin\nalmal wakker te word. Yolandi lyk of ‘n trein haar getrap het. Ander mense se\nmore, Yolandi se eerste woorde is, “Eina my kop, waar is die\nhoofpynpille!” Drie hoofpynpille en ‘n pleister op haar kop verder is sy\nreg vir die dag. Ek weet nie watter stories is die vorige aand by die vuur\nuitgeruil tussen die klomp nie, maar almal het lekker ge “bond”\nPresies waaroor die paar dae gaan. <\/p>\n\n\n\n
Timothy self het\nnagevolge van die vorige aand. Ek gaan maak hom wakker met twee hoofpynpille,\nsy bedlampie in die karavaan is aan. Ek vra toe hoekom. Nee, vertel hy:”\nEk wou eers bietjie lees toe ek gaan slaap en toe vergeet ek dit aan” Ek\nskud maar net my kop. Hy lees op sy selfoon en die skerm is verlig, ‘n\nbedlampie is glad nie nodig nie. Timothy vertel ook hoe deurmekaar hy die\nvorige aand was. Die karavaan waarin hy slaap het twee deure, maar hy het dit\nnie geweet nie. Toe hy in die karavaan klim die aand toe loop hy die paar tree\nna die bed toe. Later in die nag toe hy bietjie uitstap vir vars lug en terug\nklim in die karavaan toe klim hy by die ander deur in. Hy kan toe glad nie\nverstaan hoekom is hy nou so naby aan sy bed as hy inklim nie. <\/p>\n\n\n\n
Monique praat van ys\nin die wors….maar sy het haarself maar net verspreek, dit het skynbaar niks\nmet die vorige aand se kuiery te doen nie. Sy het sommer langs die vuur al aan\ndie slaap geraak die vorige aand. <\/p>\n\n\n\n
Bertie lyk die beste van die klomp. Ek moet s\u00ea, ek is nogal beindruk met hoe hy verander het. My wilde kind het verander in ‘n verantwoordelike jong man. Sy kinders geniet dit vreeslik om bietjie tyd saam Pappa te spandeer. <\/p>\n\n\n\n
Die kinders speel ‘n\nhond uit ‘n bos uit. Hier is ‘n hele emmer vol speelgoed op die plaas. Ons maak\nook vir hulle twee skulpies vol water. Hulle bak modderkoekies, dink nuwe\nspeletjies uit, en geniet net mekaar se geselskap. Ons slaan later vir hulle ‘n\ngazebo op, in die son sal jy Honderde Rande aan son beskerming spandeer.<\/p>\n\n\n\n
Maandag is maar ‘n rustige dag. Ons doen almal so min as moontlik. Mika ontpop in ‘n filmmmaker. Sy vat Bertie se selfoon en neem alles en almal af, met haar eie kommentaar daarby natuurlik. Dit is te kostelik<\/p>\n\n\n\n