Avada
domain was triggered too early. This is usually an indicator for some code in the plugin or theme running too early. Translations should be loaded at the init
action or later. Please see Debugging in WordPress for more information. (This message was added in version 6.7.0.) in /home/vreklekkerco/public_html/wp-includes/functions.php on line 612121 Desember 2018. Ons is op pad Langebaan toe. Ons gaan vir Dirk en Marissa kuier. Hulle het so ‘n paar maande terug soontoe getrek, en vir 2 heerlike weke gaan ons by hulle bly en bietjie die Wes Kaap verken. Ons eerste stop is in Beaufort Wes. By Nuwe Begin. Dis hier waar my seun Bertie al die laaste 8 maande bly. Nuwe Begin is ‘n plaas net buite Beaufort Wes, Jannie Engelbrecht en sy vrou Helena kyk hier na ‘n paar jong manne wat probeer om van die hel van verslawing ontslae te raak. <\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
Dis Bertie se tweede keer hier. Die vorige keer was hy 6 maande hier. Maar dit was nie lank genoeg nie. Hy het weer Heroien begin gebruik. Die keer gaan ons hom ‘n jaar lank hier hou.<\/p>\n\n\n\n
Dis laatmiddag toe ons op die plaas stop. Ons word gul verwelkom deur Jannie en Helena. Dit voel baie snaaks om hulle nou eers te ontmoet. My seun bly al langer as ‘n jaar in hulle huis. Hulle word saam hom wakker en gaan slaap saam hom, gee hom kos, gesels met hom en verander stadig sy gedagtegang van ‘n negatiewe na ‘n positiewe. In meer as ‘n jaar in hulle huis het hulle hom sien groei van ‘n volslae dwelmverslaafde na ‘n verantwoordelike jong man met ‘n toekoms voor hom. En ons het voor vandag nog net oor die telefoon met mekaar gesels.<\/p>\n\n\n\n
Bertie gaan wys ons trots die perde. Dis sy werk om na hulle te kyk, hy doen dit al maande lank en die eienares van die perde gee vir hom ‘n geldtjie elke maand vir sy werk. Daarmee koop Bertie alles wat hy nodig het by Nuwe Begin. Ons betaal net die maandelikse fooi vir verblyf en kos. <\/p>\n\n\n\n
Laat middag gaan stap ons en kyk na die pragtige sonsondergang. Wat ‘n voorreg om dit elke dag te kan sien. Hoekom lyk die sonsondergange in plekke soos die Karoo en die Kalahari soveel beter as sonsondergange in die stad? Of sien ons dit net nie raak in die stad nie? <\/p>\n\n\n\n
Die aand braai ons almal saam ‘n vleisie en gesels soos mense wat al jare lank vriende is. Ek is dankbaar dat my seun hier is, en ek besef dat hy heel waarskynlik vandag nog lewe as gevolg van die “effort” wat hulle hier in hom insit. <\/p>\n\n\n\n
Die volgende oggend staan Surika, Miya en ek op voor sonsopkoms. Daar is ‘n klein koppie op die plaas en ons wil die son sien opkom van daar af. Surika wil ook bietjie die drone vlieg.<\/p>\n\n\n\n
Dis ongelooflik stil…en mooi. Ons sit vir ‘n lang ruk net stil en ervaar die omgewing. Miya sit en teken ons gesin op ‘n klip. Gert Vlok Nel se bekende liedtjie “Beautiful in Beaufort Wes” speel in my kop. Dis inderdaad “beautiful” hier in Beaufort Wes. <\/p>\n\n\n\n
Ons stap terug plaashuis toe, verby Bertie se perde, verby die pragtige tuin wat Helena hier geskep het uit niks uit nie. Op die grond l\u00ea ‘n klip in die tuin wat s\u00ea: “Hoop” <\/p>\n\n\n\n
Dis wat hierdie mense vir my en my kind gegee het. Hoop. <\/p>\n\n\n\n
Dankie Jannie en Helena. <\/p>\n\n\n\n
Miskien sien ons mekaar nooit weer nie, maar ek sal julle altyd onthou. <\/p>\n\n\n\n
Een van die heel spesiaalste plekke in my hart is vir julle. <\/p>\n\n\n\n
Ons s\u00ea totsiens met ‘n swaar hart, dis nooit lekker om jou kind \u00earens te los nie. My hart s\u00ea vat hom saam Kaap toe vir die vakansie, my brein s\u00ea vir my die is nou die beste plek waar hy kan wees. Hierdie mense beteken nou meer vir hom as wat ek doen.<\/p>\n\n\n\n
Ons ry verder. Leeu Gamka, Laingsburg. Anderkant Touwsrivier draai ons regs op die R 46. In Ceres is dit net mense waar jy kyk. Almal wil hulle laaste kersfees inkopies kom doen. Ons stop en neem ‘n foto in die pragtige Michell’s pass. <\/p>\n\n\n\n
Wolseley, Gouda, deur Riebeeck Kasteel.<\/p>\n\n\n\n
Surika slaap maar die laaste 100 of wat km’s. <\/p>\n\n\n\n
Moorreesburg, langs Hopefield verby.<\/p>\n\n\n\n
Vroegmiddag stop ons voor Dirk hulle se huis in Langebaan Country Estate. Ai, dis lekker om weer my broer te sien. Ons het die laaste paar jaar baie nader aan mekaar beweeg, en ek mis hom altyd as ek hom nie gereeld sien nie. <\/p>\n\n\n\n
Laatmiddag (vroegaand) gaan ons see toe. Mens moet darem gaan Hallo s\u00ea. Ons is hier see!<\/p>\n\n\n\n
23 Desember, Surika se verjaarsdag. As jy my vrou wil “treat” sorg dat jy haar met haar verjaarsdag by die see het.<\/p>\n\n\n\n
Ons begin haar verjaarsdag met ‘n koek wat Dirk en Marissa vir die “birthday girl” gekoop het.<\/p>\n\n\n\n
Daarna gaan ons na die hawe toe. Dirk-hulle het onlangs ‘n boot gekoop, Bella, en hulle gaan ons bietjie op die see uitvat. <\/p>\n\n\n\n
Dis ‘n pragtige boot, en ek is SO trots op my broer dat hy een van sy drome verwesenlik het. Lees bietjie hier die storie van sy droom. <\/a><\/p>\n\n\n\n
Maar dis Surika se verjaarsdag, en tyd om dit behoorlik te vier. Ons gaan kry ‘n lekker sitplek by Marc’s Beach Bar met ‘n see uitsig, en bestel vars seekos, en natuurlik ‘n paar shooters. Ons het Surika se verjaarsdag GOED gevier!<\/p>\n\n\n\n
24 Desember gebeur daar nie veel nie, ons ry maar bietjie rond, koop kos en verken die plek. Ons koop darem ‘n bossie bokkoms, maar dis so rou en sout, ons het dit later weggegooi!<\/p>\n\n\n\n
Vandag gebeur daar nog minder. Ons gaan ry nie eers rond nie. Sit net by die huis en muf en kuier. Ek moes my Google timeline nagaan om seker te maak ons het niks gedoen nie, en ja, ons HET net by die huis gesit…en bietjie gaan rondstap op die golfbaan!<\/p>\n\n\n\n
Vandag ry ons bietjie Paternoster toe. Ons stop eers in Vredenburg by die mall om vir Surika ‘n K Way baadtjie te koop vir die koue aande wanneer ons op die strand gaan stap. <\/p>\n\n\n\n
In Paternoster stap ons sommer net deur die strate en winkeltjies en gaan eet later ‘n lekker middagete by die Paternoster Hotel. <\/p>\n\n\n\n
Vandag is ons weer met Bella uit. Dit was weereens baie lekker. Maar…<\/p>\n\n\n\n
Die terugkom slag in die hawe in het amper katastrofies vir my ge eindig. Dirk het netjies in manoeuver in sy plek in waar sy boot ge anker word. Ek het voor op die boot gesit en moes die boot stadig nader trek die laaste entjie tot teen die kaai. Iets het egter verkeerd gegaan met die ratte van die boot, en toe Dirk vir Bella in “Reverse” wou sit, toe hak sy vas in vorentoe en pyl op die kaai af. Ek het nog my voet so halfhartig uitgestoot om die boot te probeer stop maar besef as die boot die kaai tref met my been tussenin kyk ons na ‘n knievervanging. Ek het toe maar my been teruggetrek en Bella is teen die kaai vas. Skade gehad, maar darem nie TE erg nie. Maar as dit my boot was wat ek nou net oorgedoen het sou ek ook nie gelukkig gewees het nie. <\/p>\n\n\n\n
Daarna ontdek ons Pirates Bar en Oven. Dirk hulle se uithang en kuier plek. Ons sou nog baie die vakansie daar gaan draai. <\/p>\n\n\n\n
Vandag is ons in die Weskus Nasionale park in en ons het al om die lagoon gery so ver as wat ons kon. <\/p>\n\n\n\n
Toe ons nie verder kon ry nie het ons langs die see gaan stop, ‘n paar sambrele opgeslaan, hotdogs ge eet en ek het met ‘n paar lang exposures geeksperimenteer.<\/p>\n\n\n\n
Ons het by Kraalbaai in die lou water gaan rondloop.<\/p>\n\n\n\n
By Shark Bay het ons gestop en gekyk hoe die mense kite surfing doen. Hoe die klomp nie in mekaar vasseil nie weet nugter alleen.<\/p>\n\n\n\n
Daarna is ons na die Yact Club toe waar ons ietsie gaan eet het.<\/p>\n\n\n\n
En Dirk het sy dag afgesluit met ‘n haarsny!<\/p>\n\n\n\n
Ons ry vandag bietjie uit Saldanhabaai toe en gaan na die hawe toe. Hier is ‘n paar ou bote, party nog seevaardig, en ander staan net hier en oproes. Oral is seemeue wat op hulle nessies sit en eiertjies uitbroei. En hulle raak kwaai as jy te naby kom hoor. <\/p>\n\n\n\n
Hier is ‘n boot wat gesink het in die hawe…terwyl hy nog vasgemeer was<\/p>\n\n\n\n
Ons gaan eet ietsie by ‘n plekkie met ‘n lekker uitsig op die hawe.<\/p>\n\n\n\n
Ons ry later die middag ook deur na Jacobsbaai toe. Hierdie is ‘n vreelike mooi plekkie, en ons besluit om later weer terug te kom en tyd hier te kom spandeer en fotos te neem. <\/p>\n\n\n\n
Hier is ‘n stuk van die reuse “barge” wat in 2009 op die rotse geloop het in Jacobsbaai. Die barge was onderweg van China waar dit gebou is na Rotterdam met sy vrag van R300miljoen. Die barge het losgeraak van die skip wat dit gesleep het. Die eienaars het maande lank teen ‘n koste van R21miljoen probeer om die barge van die rotse af te kry, sonder enige sukses. Hy het ophou probeer toe hy uit geld uit hardloop. Die “barge” is toe opgeblaas en aan die genade van die see oorgelaat. Stukke van dit is nog hier sigbaar. Hier is ook die kruis van Charles Michell, een van die plofstof deskundiges wat dood is ten tyde van die operasie. Lees meer oor die Barge Margaret hier<\/a> en hier<\/a><\/p>\n\n\n\n